|
South
Africans Abroad -Newsletter
March
3, 2005
Die week maak ek een van daardie min uitsonderings waar ek so n stukkie
Engels gaan inlas. In Agteros plaas ek n briefie wat vriende van ons
daar uit die VSA (mormone) onlangs aan ons gestuur het. Dis blapse en
glipsies wat vanaf die kansel gemaak is, of tikfoute wat werklik in
kerklike kennisgewings verskyn het. Elke keer as ek dit lees, lag ek
kliphard. Dis net te kostelik om nie met jou te deel nie.
Welkom ook aan die volgende klompie nuwe intekenaars by Kammanuus:
Jean,Quintin,Louis,Joan,James,Jeandre,Brenda,Sorina en ,Jacques.
Mag julle julself verkneukel in ons lesers se sêgoed. Self ook
later bydra, lank en lekker kuier, en sommer gou deel voel van Onsdorp!
¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤
¤
SOS
Dagsê Hennie en Ons Dorpers!
Ons beplan 'n Kaapse Draai vanaf 28 Februarie tot 22 Maart (slaap
meestal by familie oor):
Heilbron, Bloemfontein, Colesberg, Dordrecht, Graaff-Reinet, George,
Stilbaai, Goudini, Kaapstad, Piketberg, Lambertsbaai, Vredendal,
Bitterfontein, Carnavon, Colesberg, Bloemfontein tot Heilbron. 'n Wye
Kaapse draai!
Ek wil al ons vriendelike mense 'n groot guns vra: ons wil graag hoor
van interessante winkels, besienswaardighede, eetplekke, snaaksighede
en nog wat, wat julle kan aanbeveel op ons Kaapse Vakansie. Skryf gou
vir ons 'n briefie. Dit sal so lekker wees om van julle te hoor.
O. ja, en amper vergeet ek my groooot voorneme: ek wil gaan reksprong
- as die kabel en die rek my kan hou!!!! En as vroulief genoeg moed
het om my te laat gaan . . . .
Ons beloof om julle te vertel van ons toer!
Groetnis
PS Bid asseblief vir al die saaiboere - dit gaan naelbyt-moeilik!!
Johann, Janeke, Madeli (4jr) en Taneli (4mnde) de Bruin
Heilbron, FS ("Foreistata"), RSA
cjohann@heilbron.co.za
¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤
¤
My boetie se twee kinders doen amateur kick boxing en het altwee SA
span gehaal vir die wereld toernooi Maart maand in Griekeland. Ek het
belowe om hulle middag ete's te sponser. Wie kan aanbeveel wat 'n
goeie bedrag vir die kinders sal wees vir middagete per dag. Hulle moet
in Euro betaal en ek het rerig nie 'n idée hoeveel om vir die
kinders
saam te gee nie.
Tina Scheepers
TinaS@ERWAT.co.za
¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤
¤
Ek gaan vir 2 weke (in Maart) Bangkok toe gaan ... enige plekke wat
julle kan aanbeveel? rheina.deruijter@siemens.com
¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤
¤
AFRIKANISMES
"Mooi woorde en uitdrukkings wat Afrikaans, vir my, 'n besondere
kleur gee" - Quintin Van Rooyen
Oudword word deur bepaalde fases in die lewe aangedui:
Eers vergeet jy name
Dan vergeet jy gesigte
Dan vergeet jy om jou gulp toe te maak
Laastens vergeet jy om jou gulp oop te maak
¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤
¤
ROELFIE VAT RAAK
(Vir die laatkommers: Roelfie is die skuilnaam van 'n oud-joernalis
wat 'n broertjie dood het aan politieke korrektheid, onnosel uitsprake
en ander sotlikhede wat meestal deur die ANC gepleeg en deur die Afrikaanse
pers geïgnoreer word.)
President sit die pot weer gruwelik mis
Tafelenbedjie het weer een van sy meesterlike verdraaiings van die geskiedenis
laat hoor in sy toespraak oor plekname en die trae tempo waarin grondhervorming
geskied. Want kyk, as die prez eers sy rassebril opsit, kan jy net ril
oor wat volg, want dan haak sy kop heeltemal uit.
Hy praat toe van die "historiese distorsie" wat eeue lank
deur die koloniale- en apartheidsheersers verkondig is, naamlik "dat
toe die wit mense hier aangekom het, daar geen swartes hier was nie."
Wel, wel, wel. Dus was daar geen grensoorloë in die Oos-Kaap nie,
geen Bloukrans- of Weenen-moorde nie, geen Bloedrivier nie. En Roelfie
het dus verniet so hard geleer aan dié "apartheids"-geskiedenis.
Miskien moet die prez, terwyl hy so op vliegtuie rond rinkink, 'n slag
lees wat in die "apartheids" geskiedenisboeke staan. Dalk
kom hy ook agter dat die swartes die eerste kolonialiste was: Hulle
het die Khoisan uit die Stormberge van die Oos-Kaap gedryf en gemoor
tot in die verste uithoek van die Noord-Kaap.
¦ En wat grondhervorming betref: Wil iemand nie tog maar vir
hom sê die wittes is nie so by so daarteen gekant is nie - hulle
wil net nie sien dat eens produktiewe plase wat die bevolking voed,
ontaard in plakkerskampe nie.
Mank Stoffel se kwotas
Praat van belaglike uitsprake: Die afgelope week was Mank Stoffel, die
minister van kwotas, ook weer op sy allerbeste!
Nie net die sportspanne moet Duskantland se bevolking weerspieël
nie - dit moet ook op die paviljoene gebeur. Soos 'n briefskrywer in
Die Hamburger aandui, beteken dit dat jy op jou volgende besoek aan
Loftus of Nuweland of Ellispark ses swartes, twee bruines en een Asiër
saam met jou moet nooi.
Dit kan dalk lol op 'n plek soos Bloemfontein, waar daar nou nie juis
baie bruines en Asiërs is nie.
¦ Hulle sê mos sommige politici maak net hul monde oop
om voete te ruil.
Gruwel en die huursoldate
Nou kla die minister van oorlog, Gruwel Dakota, dat die wittes in die
weermag nie patrioties is nie, en dat 99% van die huursoldate in Arabië
en elders wit is.
As die minister net sy rasse-bril wil afhaal, sal hy gou sien hoekom
dit so is. Baie van die 'huursoldate' is mense wat uit die nuwe weermag
getransformeer is. Baie wittes sien ook nie kans om in dieselfde mag
te dien as 'n klomp ongedissiplineerde bosvegters nie. Of om aangevoer
te word deur offisiere wie se enigste kwalifikasie hul velkleur is nie.
¦ Gruwel moet bietjie dieper kyk. Dan sal hy ook sien dat die
'huursoldate' mense met uitnemende kwalifikasies is. Dis hoekom hulle
maklik oorsee werk kry, en onwelkom is in Duskantland se weermag.
Weermag is 'n goeie plek
Hester Wolmarans skryf en sê haar seun is in die weermag, en sy
en hy is trots daarop. En verder: "Indien jy die huidige bedeling
in Suid-Afrika verstaan en
dit jou eie maak gaan jy slaag in die Weermag. Miskien moet jy net meer
positief wees."
Ester, Roelfie is namens julle verheug. Roelfie se persepsie van die
weermag (en hy lees en luister wyd) is dat wit offisiere afgedank gaan
word, dat wittes nie verder as korporaal mag vorder nie, dat daar 'n
algehele gebrek aan dissipline is, dat weermaglede op mekaar skiet,
dat die plaaslike bevolking in die DRK aangerand en verkrag word, dat
vigs hoogty vier, dat die kern van die mag te oud en onfiks en baie
swak opgelei is en dat ons meer generaals per capita het as elke ander
weermag ter wêreld.
¦ As jy en jou seun hieroor positief voel, en as julle die "huidige
bedeling verstaan", is julle beter mense as Roelfie. Geluk!
Die geveg téén misdaadbekamping
Corrie Hattingh van Secunda kla oor die hele gewolt rondom vuurwapens
en vuurwapenlisensies. Hy sien nie kans vir die burokratiese prosedures
nie, en sê
tweedehandse wapens het geen markwaarde nie.
"Dan is daar die lelike alternatief: handig dit by jou naaste polisiestasie
in. Kom ons wees eerlik: Daardie wapens gaan strate toe," skryf
hy.
Roelfie glo hy het 'n punt, ook as dit kom by korrupsie in die polisiemag.
Hoekom anders wil die ANC nou hê dat die Skerpioene onder die
polisie resorteer - omdat hulle nou ook hul angels in die volkiesraad
ingeslaan het?
Vir 'n regering wat hoog opgee oor sy stryd teen misdaad, skiet hierdie
een homself telkens in die voet. Hoeveel misdaad-eenhede is al gesluit?
Daar was die ene teen perlemoenstropery, regter Willem Heath se ondersoek-eenheid,
die kommandostelsel en 'n paar ander. En nou lyk dit of die Skerpioene
se dae ook getel is, hoewel Tafelenbedjie glo hard daarteen skop.
¦ Miskien moet die departement van toerisme sy strategie verander
en die onderwêreld sy teiken maak: 'Kom na Duskantland - die Wêreld
se Misdaadparadys!!!'
Stertjie
Hierdie week se Stertjie-prys gaan aan die man wat, met al die naamveranderings
wat so mode word, pleit dat ons nou 'n straat moet vernoem na "ons
almal se boksheld" Mike Schutte.
Dan stel hy voor dat Voortrekkerweg in die Kaap vorentoe bekend moet
staan as Schutterylaan
Roelfie se adres is roelfie@cozahost.com
Daar is nog kommentaar vanaf Roelfie in Roelfie II op die webblad -
dis egter net vir die wat so lekker bygedra het tot Onsdorp se finansies
- Hennie
¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤
¤
BREINBOELIE
Laas week: Die een persoon sê vir die ander: "Eintlik ken
ons mekaar want my ma is jou ma se skoonma!" Wat is hul verwantskap?
Antwoord: Pa en Kind
Die week: By 'n vurk in die pad woon 'n identiese tweeling. Die enigste
verskil tussen die twee is dat die een altyd die waarheid praat, terwyl
die ander een altyd leuens kwytraak. Daar is nie padwysers nie en een
van die broers staan by die vurk.
Watter vraag sal jy hom vra om te verseker jy kies die regte pad?
'Gaan lees die antwoord op die webwerf www.onsdorp.com of jy sal moet
wag tot volgende week vir die antwoord.
¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤
¤
Kinderkinkels Dankie aan Mara Smit
Stefan gee vir sy ma 'n drukkie toe hy gaan slaap en sê: "Ek
is so lief
vir mamma - as ma doodgaan, gaan ek ma onder my kamervenster begrawe!"
¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤
¤
DIE MANNE VEG TERUG
As jou hond by die agterdeur blaf en jou vrou klop voor, vir wie maak
jy eerste oop?
Die hond natuurlik, want hy sal stilbly sodra jy hom inlaat.
¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤
¤
Nuwe Afrikaanse Gesegdes
Meraai, -Louise OosthuYSen De Gutierrez van Meksiko:
"Ek is so bang vir ´n slang, ek kyk nie eens af as ek
gaan pee nie."
¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤
¤
SDL ADVERTENSIE
Onder in die Kaap het `n paar ervare manne gaan sit en ontleed wat dit
tog kan wees wat soveel mense steeds aantrek na netwerkbemarking.
Oor een saak was hulle dit eens, Baie mense begin daarmee maar amper
net soveel gooi gou tou op. Hoekom? Ek glo Pieter Pretorius en Phillip
Verwey het die antwoord. Oordeel self, stuur `n leë epos aan
esdel@getresponse.com en gee hulle `n kansie om te verduidelik,
verpligtingvry.
Ek het hulle maar onlangs probeer en maak reeds goed geld, sonder dat
ek self hoef te bemark. - Probeer gerus self, Hennie
ADVERTENSIE
¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤
¤
KOOKPUNT - Frik Lombaard
'N BITTER PIL
Vir die mense wat bekommerd is oor die ineenstorting van Suid-Afrika
se gesondheids sorg wil ek net se dat ek goeie nuus het. Ek het 'n boek
vol boererate!
Mev Dykman het in 1890 die eerste Afrikaanse kookboek saamgestel. In
hierdie kookboek het sy dit ook goedgedink om 'n hoofstuk oor Rate en
Resepte in tyd van siekte by te sit. Ek gaan so 'n paar van die rate
weergee.
Voor ek dit doen wil ek net se dat indien iemand hierdie rate gaan
probeer doen hulle dit op hulle eie verantwoordelikheid en
risiko. M.a.w. indien dit werk wil ek graag daarvan hoor, maar as dit
nie werk nie, wil ek dit nie weet nie.
RAAT VIR PYN IN DIE BENE
Smeer afloopbrandewyn in 'n afwaartse rigting aan die been of voet of
hou die voet 'n kwartier lank in die brandewyn.
SMEERGOED VIR HEESHEID
Klop 1 eier, 'n kelkie spiritus van terpentyn en 1 kelkie asyn goed.
Dit sal na 'n paar dae dik word. Kurk die bottel goed toe. Smeer aan
die keel.
RAAT VIR STEEK IN DIE OOR
Bind 'n teelepel vol peper in 'n fyn lappie, laat dit in soetolie
week en steek dit in die oor.
RAAT VIR KANKER
Klits een eiergeel en 'n groot lepel fyn tafelsout en sit dit op die
plek soos 'n pleister.
RAAT VIR DRONKAARDS
Vyf grein ystersalfiet, 10 grein magnesia, 11 drachmas pepermentwater
en 1 drachma "noten muskaat" spiritus.
Neem 1 eetlepel twee maal per dag. Hou sewe maande lank aan dan sal
die lus om te drink weg wees. (Ja, dit kan waar wees want as jy elke
dag die brousel drink sal jy na 6-maande nie meer leef nie, en dus in
maand sewe definitief nie meer drink nie - Frik).
VERSKEIE RATE VIR AAMBEIE
1. Drink so min koffie moontlik en geen sterk drank nie.
2. Nugter spuug en uriene word aanbeveel.
3. Gebruik sagte papier en nie papier waarop geskrywe is nie (sal
die aambeie so slim raak as hulle die geskryf lees? - Frik)
4. Smeer eiergeel wat in botter gebraai is en deur 'n doek gedruk is
aan.
RATE VIR BEROERTE
Laat die sieke mak dagga rook, of blaas die rook daarvan in sy mond
totdat sy tong losraak.
Daar is nog honderde sulke rate in die boek. Oor 'n week of twee gee
ek nog so 'n paar daarvan.
Opregte kookpunt groete,
Frikkadel
¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤
¤
BRIEWE
Sorry dat ik weinig reageer op je nieuwsbrieven, maar zoals zo velen
onder ons wordt een groot deel van mijn tijd opgeslokt door werk,
huishouden en de kinderen. Daar het hier in het koude kikkerlandje Nederland
(het sneeuwt op dit moment) economisch niet echt goed gaat wordt er
van
de werklui verwacht de schouders er stevig onder te zetten en wat extra
uren te maken. In mijn spaarzame vrije tijd probeer ik toch wat te
ontspannen met wandelen, lezen (heel veel, ben net met Tolkien / Lord
of
the Rings begonnen), Tai Chi en wat achter (voor?) de computer zitten.
Ik
lees je nieuwsbrieven trouw en vind het nog steeds leuk om de
berichtjes uit Zuid Afrika en de rest van de wereld te lezen en heb
steeds
minder moeite met jullie taaltje te begrijpen (ik kan het helaas nog
niet
schrijven / spreken). Ik zal proberen de komende tijd wat meer tijd
voor
jullie te maken en eens een berichtje te sturen met meer inhoud. By
the
way, is er iemand die me kan helpen aan namen van artiesten in de stijl
van Miriam Makeba?
Een warme groet uit het koude Nederland
Wiel
¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤
¤
Man, ek is mal oor hierdie Kammanuus. Hier hoef jy nie polities korrek
te skryf nie. Hier kan jy jou sê, sê.
Iets wat my baie hinder is die nuwe Vuurwapenwet. 'n Groot hoeveelheid
van ons mense besit handwapens. Ingevolge hierdie nuwe wetgewing is
dit amper onmoontlik om 'n handwapen te besit. Slegs in die geval van
"dedicated sportsmen" en al die vereistes wat daaraan gekoppel
is, sal dit moontlik wees om een, of miskien meer as een, te besit.
Dit word prontuit deur die owerhede gestel dat Suid-Afrika 'n veilige
land is en dus kan jy nie 'n vuurwapen vir selfverdediging lisensieer
nie.
Ons senior burgers in die land, sien nie kans om op hulle ouderdom al
hierdie nonsens deur te gaan, om hulle vuurwapens te herlisensieer nie.
Daar bestaan nou 'n paar alternatiewe, of jy gee dit weg of verkoop
dit. Probleem is egter dat niemand nou 'n handwapen wil besit nie, want
hoe gaan 'n lisensie bekom word. Tweedehandse handwapens het nou ook
geen prys nie, dis absoluut waardeloos. DAN IS DAAR 'N LELIKE ANDER
ALTERNATIEF, JY GEE DIT VIR DIE STAAT DEUR DIT BY JOU NAASTE POLISIESTASIE
IN TE HANDIG. Kom ons is nou eerlik met mekaar: DAARDIE WAPENS GAAN
STRATE TOE.
Roelfie, as joernalis, borduur 'n bietjie voort op hierdie een, asb
ou maat.
Groete aan almal,
Corrie Hattingh Secunda
¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤
¤
So van R 1800 per maand gepraat. Jy sê nou jy sal eerder op die
straat
daarvoor bedel maar hier is vir jou nog 'n ander storie. Dit is vir
my sleg dat ons werkgewers die jongmense so uitbuit. Ons woon in Brits
en die jong mense sukkel baie om werk te kry. As hulle nog 'n werk iewers
kry moet hulle "maar te dankbaar wees om werk te hê"
en mag
nie oor die salaris kla nie. Die jongmense werk vir enige iets van R800
per maand tot R2200 per
maand met geen voordele nie. Van die poste waarin hulle aangestel word
is Voorman poste waar hulle oor ander werknemers moet toesig hou en
dan
Kry van die werknemers meer salaris as hulle.
Ek dink ons werkgewers behoort hulle te skaam want wie kan van so 'n
klein salaris leef. Waarmee betaal jy hou losies (want 'n huis sal jy
nie kan bekostig nie) en losies is in die omgewing van R1400 - R1800
as
jy gelukkig is. Waarmee koop jy vir jou 'n voertuig - want 'n nuwe
voertuig se paaiement is meer as jou salaris en 'n ou voertuie het meer
herstelwerk nodig waarvoor jy ook geld nodig het. Waar kry jy dan nog
geld om jou nooi uit te vat en haar bietjie te bederf of selfs net vir
jou 'n koeldrank of iets lekker te koop? Ek dink die werkgewers moet
ook een keer probeer om van so min geld te leef vir een maand dan sal
hulle
besef dat die lewe duur is en dat hulle beslis na hulle salaris
strukture moet kyk en hulle houding jeens die jonges moet verander.
Daar is nog goeie jongmense wat bereid is om hard te werk - nie almal
van hulle is nikswerd nie. Die jongmense help tog die maatskappy om
geld in te bring deur hulle harde werk so waarom kan ons hulle nie ook
ordentlik vergoed vir hulle harde werk nie.
Ek is bekommerd oor wat die toekoms vir my twee kinders inhou - hulle
Is nou eers 4 en 2 jaar oud en almal het nie geld om hulle kinders te
laat
studeer nie.
Ek weet nie of hierdie 'n algemene probleem in Suid Afrika is nie maar
ek sal daarvan hou om van ander mense te hoor wat dieselfde probleem
ervaar as ons hier in Brits.
Groete
Karin Reyneke
¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤
¤
Ek hou baie daarvan om Roelfie se goed te lees. Hy was saam met my 2
broers in dieselfde koshuis op Stellenbosch. Hulle noem die plek mos
"bekfluitjie" dis seker waar hy geleer het om sulke lekker
dinge uit te dink om te skryf. My broers het 35 jaar gelede vertel van
die vleislys wat die ouens om die kampvuur in die binnehof altyd bespreek
het. Hulle het selfs 'n prys uitgeloof daaroor. Die arme meisies het
niks daarvan geweet nie. My mond het oopgehang, toe was ek nog op skool.
Dis nogal iets wat my altyd bygebly het. Iets anders wat die ouens nogal
opgewonde gehad het was die "rary's" in die sop. Miskien sal
Roelfie dit kan onthou. Maar Hennie ek dink nie dat dit iets is vir
die nuusbrief nie. Ek het op Stellenbosch grootgeword en ek kan ook
onthou dat my broers toe hulle op Paul Roos was eenkeer gevang was by
"bekfluitjie" omdat hulle die woord ydelik gebruik het. Hulle
was geteer en geveer.
Ek het so 'n ruk terug gevra of iemand al na Zanzibar was vir 'n
bietjie inligting, maar niemand was nog daar nie. Lyk my ek is die eerste
een wat dit wil waag. Ek wil ook Uganda toe net om te kyk hoe dit in
Kampala lyk.
Wat ek doen vir 'n lewe. Ek is huisvrou en bedryf 'n gaste woonstel
wat groot pret is, want ek hou baie van mense, maar ek ry ook fiets
en is besig om vir die Argustoer te oefen. Het vandag weer 55km gery
dis ook net om my saal gewoond te raak en ek probeer om soveel bulte
as moontlik te ry. Vandag was dit Helshoogte en dan nog 'n paar ander
bulte op die Klapmuts pad terug na Stellenbosch. Ek het nie altyd so
baie tyd nie. Ons het 'n seun op Paul Roos ('n tiener). My man is 'n
Belg en is 'n dosent in Chemie by die Universiteit.
Wel, nou weet jy hoekom ek so stil is.
Groete
Elsbeth - Stellenbosch
¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤
¤
Baie dankie vir die moeite wat julle doen met die nuusbrief.
Al is ek "so stil" wees verseker dat dit geniet word.
Soos reeds voorheen vermeld is ek besig met familie navorsing en het
Ons sopas Die geslagsregister van die Vermeulen familie in Suider-Afrika
uitgegee.
Die register dui die familieverband vanaf die stamouers tot by die
Jongste Vermeulen - 12 geslagte aan - en bevat besonderhede van net
oor die
18000 Vermeulen afstammelinge.
Enige van die vriende wie aan Vermeulens verwant is kan my gerus kontak
by : jverm@lantic.net
Groete
Johan Vermeulen
¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤
¤
Hi daar
Dis maar 'n bedrywige lewe hier in die UAE. Tussen die kinders en die
skoolhouery deur kry ek skaars kans om rustig te lees aan my nuusbrief.
Maar, moenie bekommer nie, ek geniet dit so stilletjies. Dis ongelooflik
om te lees hoe die Saners die wêreld deur is en hoe elkeen vir
hom 'n
plekkie in die son losskrop.
Ons is so tussen "stede". My man is onlangs verplaas Abu Dhabi
toe,
terwyl ek en die kinders in Al Ain agter bly tot die einde van die
skooljaar (Junie). Dis maar net so 150 kilo's uit mekaar en ons sien
mekaar gereeld. Dis net dat hy nie regtig gelukkig is in die groot stad
nie. Ons is nie stadsmense nie. So dis waar ons probleem inkom. Ons
dink nou daaraan om OF terug te gaan Duskantland toe OF maar 'n groener
weiding te gaan soek. Ek sou graag wou weet of daar mense is wat
onlangs terug is en of dit enigsins moontlik is? Kan 'n wit man (geen
rassisme
bedoel) nou werk kry in Suid Afrika? Kry 'n mens dit reg om weer in
SA
aan te pas, met al sy geweld en politieke "veranderinge".
Ons is nou al
5 jaar weg en in hierdie tyd was ons net twee keer huis toe. Altwee
hierdie kere was dit vir ons opmerklik hoe duur die lewe daar geraak
het.
As daar iemand is wat reeds hierdie keuse gemaak het sou ek dit graag
wou hoor.
Groete uit die woestyn
Corlea
¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤
¤
Dis lekker om so Afrikaans te lees in die verre NZ waar ons woon. Al
gaan dinge hier voor die wind is daar op die Noordpunt van die Suideiland
maar min mense wat Afrikaans praat. Mens verengels maar. Selfs nou die
dag
met regte hout vleis gebraai by Afrikaanse vriende. Mens, dit was lekker.
Ek het kompleet my kop in die vuur gedruk en diep asemteue van die rook
geneem. Daar was gelukkig darem kos vir 'n bataljon!.
Groetnis , Roelof
¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤
¤
Hallo Hennie,
Ek en Jan lees nog lekker aan al die nuusbrokkies en geniet Roelfie
Vat
Raak.
Toe ek lees van die duria en die rambutan toe verlang ek dik stukke
Singapoer en Maleisië toe. Ons het egter nooit die moed gehad om
van
die
duria te eet nie uit vrees dat ons dalk nie op die openbare vervoer
toegelaat sou word nie.
Groetnis
Jan en Magdaleen
¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤
¤
Hallo Hennie,
Dit staan al weer einde se kant toe met die somer seisoen. Ek wonder
nou sommer net hoeveel van die Kammalanders is jagters wat graag skiet
in
die winter. Hier in die omgewing is daar nogals redelik geleenthede
vir
dit. Dis nou te sê as die manne nie al opgetrek is vir die nuwe
wapen
wet en wil ontsla raak van hul wapens nie. Dit klink nou of die manne
wil oor gaan na boogskiet toe. Tot die ko-op hier by ons oorweeg dit
al
om liewers boë aan te koop as nuwe gewere vir die nuwe seisoen.
Groete uit Postmasburg
Pierre
¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤
¤
Hello.
Hier gaan dit lekker dol - almal wou alles gister gehad het, maar het
nie die insig gehad om gister daarvoor te vra nie! Ons kry net so lekker
warm in die Kaap - die kraaie gaap - en uit Anderkantland het my sussie
gisteraand aangebied om vir my 'n boks vol sneeu te pos om af te koel.
Hulle sou blykbaar op die "pond" gaan skaats het voordat die
son ondergaan - sug! - wat 'n lewe!!!!! Ek wil darem ook eenkeer in
my lewe 'n wit Kersfees beleef en ek ken net die plek daarvoor....
O ja, wou nog vra of jy en Roelfie dieselfde persoon is (amper soos
twee persoonlikhede) of, in die alternatief, of jy sy menings deel,
want daar is geen vrywarings om te kenne te gee dat die bydraers se
opinies nie noodwendig die opinie van die sender van die nuusbrief is
nie! Groete
Carina
¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤ ¤
¤
Hello Hendrik
Net se, dankie vir die plesier! Ek het nou al so verleer om Afrikaans
te praat hier in Nieu Seeland dat ek als wat ek kan kry verorber. Ek
het so pas 'n kursus geloop en daar was 7 Suid-Afrikaners in die klas.
Almal omtrent van Pretoria af. Almal Afrikaansspreken - dankie, dankie,
dankie! Een vroutjie en haar man het sowat 3 jaar gelede 'n winkel hier
in Auckland oopgemaak. Die naam van die winkel is The South Afrikan
Kaffee. Hulle verkoop alles Suiderlike Afrika. Lekkerste biltong, koeksisters,
melktert, Afrikaanse musiek om nie eers te praat van die wyne nie. Ek
mis niks van die huis af nie. Ek geniet selfs al die reen hier. Waar
ek vandaan kom het dit skaars gereen.
Hou aan met die nuusbrief - dis moerse!
Groete
Suna
AGTEROS
Thank God for church ladies with typewriters. These sentences actually
appeared in church bulletins or were announced in church services:
Bertha Belch, a missionary from Africa, will be speaking tonight at
Calvary Methodist. Come hear Bertha Belch all the way from Africa.
The Fasting &Prayer Conference includes meals." The sermon
this morning: "Jesus Walks on the Water." The sermon tonight:
"Searching for Jesus."
Ladies, don't forget the rummage sale. It's a chance to get rid of those
things not worth keeping around the house. Don't forget your husbands.
The peacemaking meeting scheduled for today has been canceled due to
a conflict.
Remember in prayer the many who are sick of our community. Smile at
someone who is hard to love. Say "Hell" to someone who doesn't
care much about you.
Don't let worry kill you off - let the Church help.
Miss Charlene Mason sang "I will not pass this way again,"
giving obvious pleasure to the congregation.
For those of you who have children and don't know it, we have a nursery
downstairs.
Next Thursday there will be tryouts for the choir. They need all the
help they can get. Barbara remains in the hospital and needs blood donors
for more transfusions. She is also having trouble sleeping and requests
tapes of Pastor Jack's sermons.
The Rector will preach his farewell message after which the choir will
sing: "Break Forth Into Joy."
Irving Benson and Jessie Carter were married on October 24 in the church.
So ends a friendship that began in their school days.
A bean supper will be held on Tuesday evening in the church hall. Music
will follow.
At the evening service tonight, the sermon topic will be "What
Is Hell?" Come early and listen to our choir practice
Eight new choir robes are currently needed due to the addition of several
new members and to the deterioration of some older ones.
Scouts are saving aluminum cans, bottles and other items to be recycled.
Proceeds will be used to cripple children.
Please place your donation in the envelope a long with the deceased
person you want remembered.
Attend and you will hear an excellent speaker and heave a healthy lunch.
The church will host an evening of fine dining, super entertainment
and gracious hostility.
Potluck supper Sunday at 5:00 PM - prayer and medication to follow.
The ladies of the Church have cast off clothing of every kind. They
may be seen in the basement on Friday afternoon.
This evening at 7 PM there will be a hymn singing in the park across
from the Church. Bring a blanket and come prepared to sin.
Ladies Bible Study will be held Thursday morning at 10 AM. All ladies
are invited to lunch in the Fellowship Hall after the B. S. is done.
The pastor would appreciate it if the ladies of the congregation would
lend him their electric girdles for the pancake breakfast next Sunday.
Low Self Esteem Support Group will meet Thursday at 7 PM. Please use
the back door.
The eighth-graders will be presenting Shakespeare's Hamlet in the Church
basement Friday at 7 PM. The congregation is invited to attend this
tragedy.
Weight Watchers will meet at 7 PM at the First Presbyterian Church.
Please use large double door at the side entrance.
The Associate Minister unveiled the church's new tithing campaign slogan
last Sunday: "I Upped My Pledge - Up Yours
Groete tot volgende week,
Hennie en Annabelle
¤ ¤ ¤¤¤¤¤¤ ¤
Kammanuusisweerklaar¤ ¤ ¤ ¤ ¤
|