|
Hallo
once again to everybody,
It
seems like just the other day when the September newsletter went out.
Time flies when you're having fun! By the way, if you know of anyone
who is not receiving this newsletter, please let us know so that we
can check the email address. Last month's letter was very large (2MB)
and this could be the reason that some of you didn't receive it, especially
those with Hotmail and Yahoo email addresses. If there are any new South
African's in Abu Dhabi, please could you forward this to them.
But
first of all, some unfortunate news: The SA Dinner & Dance that
was planned for 16 October 2003 has been cancelled. The reason being
that the October Festival is on the same date and rumour has it that
most South African's prefer beer than 'n lekker opskop! So if you had
plans on coming to the dance, we're really sorry about that. We will
certainly be planning another similar event shortly
. so watch
this space!
In
the newsletter this month:
A. SA Ladies Morning
B. Open Invitation - SA Group Meeting
C. "Nuus uit Suid-Afrika"
D. "Is die Afrikaner welkom in SA, vra Rupert"
E. Classifieds (items for sale, services, nuusbrokkies etc) |
A.
SA Ladies Morning
GET
BACK INTO SHAPE
Okay
girls now is the time to do it ! We've all had a good holiday and probably
over-indulged in everything we could possibly lay our hands on
.
sound familiar ?
Marina
Taute is arranging a Get Back into Shape morning at The Club,
Thursday 23 Oct at 10:30am until 12:30am approximately.
Cost is Dhs 30,00 per person and includes the following:
- Welcoming
Drink (non-alcoholic of course!)
- Informative
talk on weight loss, food choices and exercise
- A
Spinning session for beginners !
- Light
Lunch
Booking
is essential as there is limited space !
Call Marina on her mobile 050 531 1371.
Come dressed in your gym clothes or tracksuit.
Hope to see you there !
B.
SA Group Meeting
Open
Invitation
As
most of you probably know, the activities of the SA Group here in
Abu Dhabi is run unofficially by a very small group of volunteers.
In order for the Group to function optimally and for your benefit
in the long run, we need your valued input.
An
Open Meeting has been scheduled for Wednesday 22 Oct at 8:30pm
at The Club.
So if you are available and would like to contribute,
please confirm your attendance with Hannelie Muller at 050 612
9643
before 15 Oct '03.
C.
" Nuus uit Suid-Afrika "
Hierdie
is 'n voorbeeld van 'n maandelikse nuusbrief wat deur Eleanor Lombard
geskryf word uit Suid-Afrika aan Afrikaners in die buiteland. Enigiemand
is welkom om in te teken daarvoor en dis gratis. Meer besonderhede daaroor
aan die einde van die nuusbrief.
"Nuus uit Suid-Afrika!" - nr. 25
Inhoud:
1.
"Misdaad plat af" sê statistiek
2. Harde spiere maar sagte harte
3. Om te stem of nie te stem nie
4. 'n Blink rand
5. 'n Rugby-aanslaan
6. Nuusbrokkies
7. Bewaar die knikkertjie . . .
1.
"Misdaad plat af" sê statistiek
Die langverwagte misdaadstatisiek is uiteindelik op 22 September bekend
gemaak, nadat daar vir 'n jaar lank 'n moratorium op die bekendmaking
van misdaadstatistiek deur die regering geplaas is.
Volgens die bekendgemaakte syfers het misdaad in Suid-Afrika die afgelope
tyd afgeplat. Die getal moorde het die afgelope boekjaar met 1,3% (maar
steeds gemiddeld 59 per dag!) afgeneem, verkragtings met 5.3% en motorkapings
met 15.4%. Hierdie syfers is bemoedigend.
Sommige kenners is egter baie skepties oor hierdie bevindinge. Hulle
sê die syfers is verouderd en berus op raminge eerder as werklike
gegewens. Dit is daarom nie 'n ware weerspieëling van toestande
in die land nie. In 'n meningsopname op BEELD se webblad het slegs 5%
van die deelnemers gesê dat die syfers die werklikheid weerspieël.
BEELD van 25 September sien dit so (of sien aanhangsel):

Volgens die Instituut vir Sekerheidstudie eindig slegs ses uit elke
100 geweldsmisdade in 'n skuldigbevinding binne twee jaar. Sien www.iss.co.za
vir meer inligting.
2.
Harde spiere maar sagte harte
Twintig kragmanne beplan om 'n lorrie van 20 ton binne 35 dae vanaf
Pretoria na Kaapstad te trek. Die doel? Om geld in te samel vir kankernavorsing
en 'n voedingskema vir behoeftige kinders. Die leier van die groep,
Wayne Price (met die bynaam "Gentle Giant"!) sê dat
hy hoop dat hulle met hierdie projek "nie net 'n lorrie Kaap toe
kan trek nie, maar die hele Suid-Afrika kan saamtrek om saam te staan
vir 'n goeie saak".
Hulle beplan om ongeveer 50 kilometer per dag af te lê en sommige
van die manne het reeds hulle koppe laat skeer as teken van solidariteit
met kankerlyers. Talle sake-leiers het al hul steun aan die projek toegesê.
Voorspoed met die projek en geluk met die inisiatief!
3.
Om te stem of nie te stem nie
Suid-Afrikaners wat tydelik in die buiteland is het die reg om in die
verkiesing volgende jaar te kan stem. Of het hulle nie? Hierdie debat
het die afgelope weke baie aandag getrek.
Die ANC het aanvanklik in die konsepkieswet slegs voorsiening gemaak
vir regeringswerknemers in die buiteland om te kan stem. Veral die Vryheidsfront
het sterk aanspraak daarop gemaak dat dit Suid-Afrikaanse burgers wat
tydelik in die buiteland is se demokratiese reg is om te kan stem. Hulle
het al verlede jaar by UKkasie 'n petisie hieroor laat onderteken en
in die parlementêre staande komitee 'n sterk saak daarvoor uitgemaak
dat dit ongrondwetlik is om Suid-Afrikaanse burgers wat tydelik in die
buiteland is hul stemreg te ontneem. Dit het meegebring dat die ANC
afgewyk het van sy aanvanklike teenkanting en 'n konsepwet goedgekeur
het wat buitelanders kon laat stem. Die wet is so gepubliseer.
Drie dae voor hierdie Kieswet so in die parlement aanvaar sou word,
het die ANC skielik omgeswaai en die bepalings rondom buitelandse stemreg
deur 'n amendement geskrap. Die VF het onmiddellik 'n teen-amendement
ingedien, maar die ANC het voortgegaan en die Kieswet sonder voorsiening
vir buitelandse stemreg aanvaar.
Die Suid-Afrikaanse grondwet maak in artikel 19 (3) (a) voorsiening
daarvoor dat elke Suid-Afrikaanse burger die reg het om te stem. Aangesien
diplomatieke personeel in die buiteland wel sal kan stem, sal die regering
in elk geval voorsiening vir stembusse by die ambassades moet maak.
Die uitbreiding van oorsese stemreg sal dus logisties uitvoerbaar wees.
Die ANC voer aan dat fondse vir die verkiesing beperk is en dat die
beskikbare geld eerder aangewend moet word om kiesers - veral in afgeleë
landelike gebiede - van ID-dokumente te voorsien sodat hulle ook kan
stem, eerder as om die geld te gebruik vir oorsese stemming.
Die VF het reeds aangedui dat hulle die moontlikheid ondersoek om die
saak na die grondwetlike hof te neem. Maryna Blomerus van UKkasie-faam
loods ook 'n veldtog rondom hierdie kwessie en sal binne 'n week 'n
webwerf www.sa-expatvote.com
die lig laat sien.
Hoe voel julle oor die saak? Laat weet gerus.
- Die
Kieswet maak wel voorsiening vir gevangenes in die tronke om te kan
stem.
4.
'n Blink rand
Die Suid-Afrikaanse rand is besig om vriend en vyand te verras met sy
sterk lopie op die geldmark. Op 25 September het die rand verhandel
teen R7.07 vir 'n dollar wat net drie sent minder is as die rand se
beste vertoning in drie jaar. In Desember 2001 was die rand R14 vir
'n dollar. Suid-Afrika se relatief hoë rentekoers van 10% (teenoor
die VSA se 1% en Europa se 2%) dra baie by tot buitelandse beleggings
wat die rand versterk.
5.
'n Rugby-aanslaan
'n Rasse-herrie het in die Springbok-kamp losgebreek nadat bewerings
gemaak is dat Geo Cronje geweier het om 'n kamer en stortgeriewe met
sy bruin spanmaat Quinton Davids te deel. Cronje is summier uit die
Sprinbok-oefengroep geskop. Sommige media was vinnig om Cronje as rassis
te veroordeel en sy gewaande gedrag as tiperend van Afrikaners as geheel
uit te maak. Die ANC het 'n mediaverklaring uitgereik waarin gesê
word: "We are appalled and disgusted by Cronje's actions and we
believe he deserves nothing less than being excluded from the rugby
fraternity."
Die
Suid-Afrikaanse Rugbyvoetbal unie het dadelik 'n ondersoek na die beweringe
geloods. Die uitslag was dat die aanklag van alle waarheid ontbloot
is. Cronje se naam is in ere herstel, maar baie vrae oor die voorval
bly steeds hang. Die wyse waarop die rugby-bestuur die voorval hanteer
het deur so verdoemend teen Cronje op te tree voordat die ware feite
vasgestel is, word skerp gekritiseer. Die amper histeriese ywer waarmee
Cronje in die media voortydig veroordeel is skep ook die beeld dat sekere
groeperinge nie objektief is in hulle beoordeling van gebeure nie.
Die
ANC het gou besef dat hulle 'n fout begaan het met hulle vroeë
reaksie en 'n opvolgmediaverklaring uitgereik waarin hulle Cronje om
verskoning gevra het. Die ANC se aanvanklike reaksie is veral betekenisvol
teen die agtergrond van hulle hantering van die Zuma-sage.
Daar hang 'n wolk van beweerde korrupsie oor adjunk-president Zuma se
kop, maar die ANC is onwrikbaar lojaal teenoor Zuma omdat hulle oënskynlik
die beginsel ondersteun dat iemand onskuldig is totdat hy/sy skuldig
bewys is. Die Cronje-voorval het bewys dat hulle hierdie beginsel selektief
toepas. Dan sê Zuma nog by 'n NRP-sitting: "Die media behóórt
'n onafhanklike waghond te wees en nie kant te kies nie."
- Geo
Cronje is nie opgeneem in die Springbokke se finale Wêreldbeker-oefengroep
nie.
6.
Nuusbrokkies
- Susan
Booyens, bekende TV-aanbieder en radio-omroeper, het bekend gemaak
dat sy haar brein op internet gaan opveil omdat die res van haar liggaam
blykbaar niks werd is nie. Dit volg nadat sy ondanks haar wye ervaring
en goeie kwalifikasies al vir maande lank nie 'n vaste werk kan kry
nie. Bie by reinvented@mweb.co.za
-
Die getal gevangenes in Suid-Afrikaanse tronke het van 190,000 tot
170,000 afgeneem, hoofsaaklik as gevolg van verlaagte borggelde en
die vrylating van 7,000 geringe oortreding-gevangenes. Dit het die
geweldige druk wat tans op gevangenisse heers, aansienlik verlig.
-
Ouers sal tot 50% op skooldrag kan bespaar as die regering se voorstel
vir eenvormige skooldrag deurgevoer word, het ses van die land se
grootste kettingwinkels bevind. Die departement van onderwys het 'n
taakspan aangewys wat vroeg volgende jaar hieroor voorstelle sal voorlê.
-
Ds. Pietie Victor, bekende NG-kerk predikant wat sy lewe daaraan gewy
het om haweloses op die Kaapse strate te versorg met sy "Straatwerk"-aksie,
is koelbloedig doodgeskiet in Durbanville toe hy 'n buurvrou wou help
by wie se huis ingebreek is.
- Is
jy 'n avontuurlustige dokter, dieselwerktuigkundige of meganiese ingenieur?
Dan kan jy aansoek doen om vir 14 maande in Antartika gaan werk as
deel van die Sanae-span wat daar navorsing doen. Navrae by Sam Oosthuizen
by SA-faksnommer 021 4059406.
-
Vier Tukkies van Maroela-koshuise - van wie twee kleinseuns van oudminister
Pik Botha -is in hegtenis geneem op 'n klag van verkragting van 'n
agtienjarige skoolmeisie. Die beweerde voorval het in 'n koshuiskamer
in Maroela plaasgevind. Die saak het soveel aandag in die media getrek
dat al van 'n "media-verhoor" gepraat word.
-
Mis jy dalk die RSG-radio-uitsendings? Luister gerus daarna op internet
by www.rsg.co.za
- Die
omstrede radio-omroeper van Cape Talk, Nigel Pierce, is deur die Uitsaaiklagtekommissie
met R10,000 beboet omdat hy oor die lug na Afrikaner-rugbyspelers
verwys het as "thick Dutchmen".
-
Die Suid-Afrikaanse krieketspan is weer op pad na Pakistan vir 'n
toetsreeks nadat hulle toer aanvanklik gekanselleer is weens politieke
onrus en geweld in Pakistan.
7. Bewaar die knikkertjie . . .
Na ses weke se omswerwinge in die buiteland was dit heerlik om weer
terug te wees in Suid-Afrika. Een ding het ek vir seker geweet: ek is
van Afrika. Ek hoort hier.
Maar die ervaring was ook nie sonder gemengde gevoelens nie. In Nederland
kon ek die wêreld platry op 'n fiets, in Helsinki ontspanne op
die mark ronddrentel, in Windsor rustig in die openbare park stap. Oral
voel ek veilig. Alles is skoon. Alles werk. Ek is tuis waar Eerste Wêreld-standaarde
geld.
Maar in my eie land ervaar ek met 'n beklemde hart hoe hierdie dinge
wat vir my belangrik is, tot niet gaan. Dan sien ek by my terugkeer
hoe 'n sterk, jong boer tydens 'n TV-onderhoud sê: "Dit voel
vir my asof daar nie meer vir my as wit Afrikaner plek in Suid-Afrika
is nie," terwyl trane oor sy wange rol. Hy is in die tronk gestop
nadat hy self sy eiendom wou beskerm omdat hy tevergeefs by die polisie
aangeklop het om hulp na herhaalde voorvalle van veediefstal. Dan lees
ek ook in Die Burger van 27 Augustus dat die bekende ekonoom Johann
Rupert op Remgro se jaarvergadering aan die regering vra: "As 'n
Afrikaner wil ek weet of ek nog welkom is in die land." (sien aanhangsel).
Waar laat dit my as Afrikaner met my wortels stewig in my geboorteland
Suid-Afrika? Natuurlik moet ek steeds my bes doen om 'n positiewe bydrae
te lewer tot die sukses van Suid-Afrika, omdat dit tot almal se voordeel
is. Maar dan wonder ek hoekom ons nie ook soos ons voorsate iets van
ons eie kan skep nie. Watter opwindende uitdaging is dit nie om as Afrikaners
binne 'n geografiese gebied te groepeer en 'n gemeenskap tot stand te
bring waar ons ook veilig kan lewe met kinders wat buite kan speel,
ons ons eie werk kan doen, ons eie taal kan praat en onbevange met 'n
fiets kan rondry!
Saamgestel deur Eleanor Lombard, Melkbosstrand, Suid-Afrika
Om in te teken, stuur 'n leë vonkpos aan ellombard@mweb.co.za
Om af te teken, stuur 'n "Teken af"-boodskap aan ellombard@mweb.co.za
D. Is die Afrikaner welkom in
SA, vra Rupert
'Herstel
reg en orde om beleggers te lok' Johan du Toit, Kaapstad. -- "As
'n Afrikaner wil ek weet of ek nog welkom is in die land," het
mnr. Johann Rupert, voorsitter van Remgro, by die beleggingsbeheermaatskappy
se jaarvergadering in Somerset-Wes gesê. " 'n Mens wil hê
die staat moet soms sê dat ons mense moet bly."
Rupert
het hom skerp uitgespreek teen misdaad en gebrekkige reg en orde in
die land en gesê hoewel Remgro steeds in die land belê,
is hy bekommerd oor die algemene ekonomiese groei.
Tog
meen hy die land se finansiële owerheid -- veral mnr. Trevor Manuel,
minister van finansies -- het wonders verrig om die ekonomie reg te
ruk. Maar die Suid-Afrikaanse adjunkpresident het nie so lig daarvan
afgekom nie. Sonder om die bewerings van korrupsie waarby mnr. Jacob
Zuma betrek is by name te noem, het Rupert verwys na die verklaring
deur die staat dat daar prima facie-getuienis is, "maar ons verkies
om nie te vervolg nie".
Hy
meen die regering moet ernstig aandag gee aan die herstel van reg en
orde in Suid-Afrika sodat beleggersvertroue herstel kan word. Volgens
Rupert is daar 'n gevoel van gebrekkige reg en orde en verantwoordbaarheid
in die land.
"Ons
het nie die doodstraf nie, en ek pleit ook nie noodwendig daarvoor nie,
maar ons moet iets doen."
Rupert
het verwys na die VSA, waar vir geweldmisdade verpligte vonnisse van
tussen 10 en 25 jaar tronkstraf opgelê word. Die vonnis kan nie
versag word of deur die stelsel verander word nie.
"Mense
wonder hoekom buitelanders nie meer in die land belê nie. Maar
buitelanders kyk of ons self belê. Die regering het merkwaardig
baie reggekry, maar van veiligheid en reg en orde moet werk gemaak word."
Hy het gesê Remgro sal voortgaan om beleggers met dividende te
beloon. Sedert 1996 het Venfin en Richemont (die luuksegoederegroep
in Switserland) dividende van R4,9 miljard betaal en verlede jaar het
die groep belasting van R2,2 miljard betaal.
Richemont
het R50 miljard se waarde geskep - dit alles deur burgers van Suid-Afrika.
Sy maatskappye het buitelandse bates van R27 miljard geskep. Oor die
wêreldekonomie het Rupert gesê niks het gebeur wat sy gemoedstoestand
verander het nie - daar is steeds 'n oorvermoë wat goedere en dienste
betref, wat tot prysdruk lei. In die VSA, Europa en Japan kan die regerings
bitter min doen om groei te stimuleer, want rentekoerse kan nie veel
laer daal nie.
Oor
die plaaslike ekonomie het Rupert gesê die land is in die gelukkige
posisie dat die regering steeds ruimte het om rentekoerse te verhoog
of te verlaag.
Op
'n vraag deur 'n ontleder wat Remgro gaan doen met sy groot kontanthoop,
het hy net gesê Remgro sal steeds behoorlike beleggingsgeleenthede
ondersoek as hulle hul voordoen.
E.
Classifieds
Wheel
covers for sale
SA
Flag Wheel covers

Fits
all 4X4 for just Dhs 100
Contact
these numbers:
Abu Dhabi: Hannelie Muller 050 612 9643 or 445 4034
Dubai: Kim or Tim (04) 276 5362 or 050 735 0740 / 050 552 9583 or
e-mail kimton@emirates.net.ae
Hello,
Ek is Jeanetta Snyman. Ek was voorheen in Dubai, is hoogs gekwalifiseerd
en nou werksaam by Lox Hair and Beauty Salon in Abu Dhabi. Ek nooi graag
alle SA dames om 'n heerlike koppie boeretroos te kom drink terwyl jy
'n gratis haar-konsultasie kry en ons kan besluit op 'n nuwe jy.
My foon nommer is 02 665 0503.
Groetnis
Jeanetta
Hi
there all fellow South Africans
As some of you know I am the official Cobb agent in the UAE. Just a
little back ground on the Cobb cooker. Ingenious design, manufactured
in South Africa and has won several awards world-wide, for example the
6 briquettes roasts a whole chicken. It's versatile, portable, ideal
for camping and fishing. Can be carried while roasting (total insulation)
and it comes with a fire-proof bag. If you would like to order a Cobb
+ bag + recipe book + wok + pan + cooking utensils: Price is 120 Euros
inclusive air-freight.
Contact Trevor 050-6687204 or 02-6351684 or email in SA aduplessis@ssh.co.za
And
if Frans Claerhout gets your heart pumping then you must visit Dante
Art, Stephanie Olivier's website www.dante.art.co.za.
She has her own Art Gallery in the Cape specializing in South African
art and you can order online. Contact her at stephanie@dante-art.co.za.
and that's all for this month folks. If you have anything to submit
to this newsletter, please send your input to this address: abudhabi@sagroupuae.com
Remember
to also visit the South African group website www.sagroupuae.com
for properties, job vacancies, yummy South African recipes, previous
newsletters and many more.
So
keep the news rolling in !
Greetings
from the
SA Group Abu Dhabi
|